Posts

Showing posts from 2019

Teleurgesteld...!

Raai wat kinders?....,......  Julle gaan een of ander tyd in julle lewe teleurgesteld word of vreeslik ongemaklik wees , so hier is my raad vir julle . Ek onthou laas jaar so goed toe Jody gehuil het in die be toe haar vriendin haar teleurgestel het deur stories aan te dra by die skool oor haar , toe se ek vir haar dalk is sy nie die regte vriendin vir jou nie , op daai oomblik het Jody gedink ek is gemeen.  Ek het ook toe vir haar vertel dat mense kom in jou lewe vir 'n rede en 'n seisoen dalk vir 'n leeftyd .. maar as daai persoon se seisoen klaar is dan moet jy dalk aanbeweeg. Mamma het al ook sulke vriendinne in haar lewe gehad wat net daar was vir 'n seisoen . As 'n ouers is dit nie ons werk om ons kinders te leer hoe om te "deal" met alles nie ? Hoe sou my ma se "the good the bad the beautiful en die ugly." Dit maak nie saak hoe hard ons probeer nie ons kan hulle nie teen alles beskerm nie, en ek het geleer om meer eerlik te wee...

Lewens reels vir my pragtige meisiekind

My poplap my suskind my eerste geborene hier is 'n paar reels vir jou om by te lewe , ek weet jy word 12 en jy word groot meisie mamma en pappa is so trots op jou en oneindig lief vir jou moet dit nooit ooit vergeet nie. Maak jou bed elke dag op al is dit wanneer jy gaan slaap. Trek altyd skoon onderklere aan " incase" jy in 'n ongeluk is. R eis lig deur die lewe. (veral naksool toe)Hou net wat jy nodig het. (raak ontslae van al die papier en onnodige goed in jou kamer ) op die ou einde kan jy dit tog nie saam vat graf toe nie. Dit is okay om te huil wanneer jy seergemaak voel. Dit is ook okay om dinge te bietjie "hulk smash" as jy kwaad word ,maar was jou gesig, maak jou gemors skoon en staan ​​op wanneer jy klaar is. Want Jy hoort nie op die grond nie Moenie vloek nie maar onthou "gatvol" is nie 'n vloek woord nie. Soek die mense en plekke wat jou goeie goed laat onthou en goed laat voel in jou siel. Net omdat jy kan, beteken n...