My poplap my suskind my eerste geborene hier is 'n paar reels vir jou om by te lewe , ek weet jy word 12 en jy word groot meisie mamma en pappa is so trots op jou en oneindig lief vir jou moet dit nooit ooit vergeet nie.
Maak jou bed elke dag op al is dit wanneer jy gaan slaap.
Trek altyd skoon onderklere aan " incase" jy in 'n ongeluk is.
Reis lig deur die lewe. (veral naksool toe)Hou net wat jy nodig het. (raak ontslae van al die papier en onnodige goed in jou kamer ) op die ou einde kan jy dit tog nie saam vat graf toe nie.
Dit is okay om te huil wanneer jy
seergemaak voel.
Dit is ook okay om dinge te bietjie "hulk smash" as jy kwaad word ,maar was jou gesig, maak jou gemors skoon en staan op wanneer jy klaar is. Want Jy hoort nie op die grond nie
Moenie vloek nie maar onthou "gatvol" is nie 'n vloek woord nie.
Soek die mense en plekke wat jou goeie goed laat onthou en goed laat voel in jou siel.
Net omdat jy kan, beteken nie dat jy
moet nie.
5-sekonde reël. Dis net vuil. Daar is
erger dinge in 'n Take away burger.
Jy is 'n groot meisie, en jy het nie 'nou 'n boyfriend nodig nie !!
Geluk is nie altyd permanente nie.
Volleedigheid is. Moenie die twee verwar nie.
As jy meer as een nag bly, pak jou sak
uit.
Moet nooit alleen iewers heen loop
nie ,baie siek mense daar buite
Bly nes jy is as mense jou nie aanvaar nie dan is hulle nie jou tyd werd nie.
Kan nie is dood van kruiwa stoot soos my mamma altyd gese het. Wil nie is 'n ander ding jou keuse.
Hou jou helde op 'n hoë standaard.
Beter nog wees jou eie held.
As jy nie met jou oë kan glimlag nie,
moenie glimlag nie. Insincerity is niks om na te streef nie.
Moet nooit vir jouself lieg nie, en ook nie vir ander mense nie
Jou liggaam, Jou Tempel kyk mooi agter jou liggaam jy kry net 1.
As jy 'n opinie het moet jy 'n rede he.
Oefen jou passies uit.
Vra vir wat jy wil hê. Die antwoord kan of ja of nee wees.
"Wish apon a star" werk dan daaraan om dit te laat gebeur.
Bly so lief soos jy is.
Word dikwels verlief. Veral met idees,
Kuns, musiek, boeke, kos en verre plekke.
Val hard en vir ewig verlief op niks
anders as jouself nie.
Hou "Ek is jammer" vir
wanneer jy werklik is.
"Naps" is ook vir groot mense
Bevraagteken alles, behalwe jou eie intuïsie.
Jy het genoeg. Jy is genoeg.
Jy is wonderlik! Moenie toelaat dat
iemand jou ooit laat voel dat jy nie is nie. As iemand wel ... loop weg. Jy
verdien beter.
Maak nie saak waar jy is nie, jy kan
altyd huis toe kom.
Wees gelukkig en onthou jou roots,
familie is ALLES.
Sê wat jy bedoel en bedoel wat jy sê.
Niemand sal jou ooit meer lief hê as
wat ek doen nie
Wees vriendelik; behandel ander hoe jy
wil hê hulle jou moet behandel
As jy twyfel, onthou wie se dogter jy
is jy kom van 'n sterk vrou af en jy kan.
Onthou al die goed en ek glo en bid en vertrou dat jy altyd die regte keuses sal maak
Baie lief vir jou
Mamma
Comments