Posts

Showing posts from March, 2020

Hier is HOOP te midde van die Coronavirus

As jy die spanning van die Coronavirus ervaar, lig dan jou hand wat onlangs gesanatize is! Feeste word gekanselleer. Skole sluit. Selfs kerke sĂȘ mense moet tuisbly. Ja, daar is werklike kommer, maar mammas, ons moet diep asem haal en ons vrede en kalmte behou. Ons kinders kyk. "Crazy thought"; kan ons hierdie tyd gebruik om nader aan mekaar te groei as 'n gesin ? Ons is altyd besig met skool werk sport. Miskien kan die volgende paar weke, wanneer ons gedwing word om saam te wees, 'n kans wees om weer te "reconnect". Onthou om van hierdie geleentheid gebruik te maak om saam met u kinders te bid en hulle daaraan te herinner dat God in beheer en lief is vir ons almal. Ek hier by mamma zerle blog bid vir almal. En ek hoop almal wat siek is word gou gesond.

20 "Me" Time-idees - niks Corona nie !

Ek gaan nou regtig nie oor die Corona virus praat nie hier is iets ligter en beter so geniet dit: Ek het altyd gedink dat ek almal moet bystaan en vir almal moet sterk wees.  Ek het altyd gedink om tyd vir myself te wil he is selfsugtig . Ek is baie lief daarvoor om ander by te staan in tyd van nood of as hul net iemand nodig het en dit gee my 'n gevoel van tevredenheid deur myself aan my gesin en vriende oor te gee. Voordat ek die waarde verstaan het ​​om ook  oor my eie behoeftes te "worry", het ek my gereeld laat uitbrand, laat in die nag te veel "snacking" gedoen en ook vir geen rede sommer moody gewees  met my gesin. Ek het geleer dat dit tyd is om in myself te "investment"en tyd te maak vir myself en tyd  in my "future" self en die algemene gesondheid van myself en my gesin voor alles te sit. Dit het my oopgemaak vir groter kreatiwiteit, produktiwiteit en konsentrasie. Dit het die onbaatsugtigheid wat 'n moeder nodig...