20 "Me" Time-idees - niks Corona nie !
Ek gaan nou regtig nie oor die Corona virus praat nie hier is iets ligter en beter so geniet dit:
Ek het altyd gedink dat ek almal moet bystaan
en vir almal moet sterk wees. Ek het
altyd gedink om tyd vir myself te wil he is selfsugtig .
Ek is baie lief daarvoor om ander by te staan
in tyd van nood of as hul net iemand nodig het en dit gee my 'n gevoel van
tevredenheid deur myself aan my gesin en vriende oor te gee. Voordat ek die waarde verstaan het om ook oor my eie behoeftes te "worry", het
ek my gereeld laat uitbrand, laat in die nag te veel "snacking"
gedoen en ook vir geen rede sommer moody gewees met my gesin.
Ek het geleer dat dit tyd is om in myself te "investment"en
tyd te maak vir myself en tyd in my "future"
self en die algemene gesondheid van myself en my gesin voor alles te sit. Dit het my oopgemaak vir groter kreatiwiteit,
produktiwiteit en konsentrasie. Dit het
die onbaatsugtigheid wat 'n moeder nodig het, in balans gebring. "My-time"
het my gehelp om 'n beter ouer te wees, want dit het my energievlakke herstel
en die vermoë om met my gesin volledig "connect".
Hier is 20 dinge wat jy vir jouself kan
doen.
1. Kry 'n "massage" saam met
vriendinne.
2. Loop in die natuur.
3. Koop vir jouself blomme.
4. Sit in die park en gee die voëls kos.
5. "Search" iets op Google.
6. Neem 'n klas.
7. Gaan vroeg bed toe en laat pa die
kinders in die bed sit.
8. Gaan 'n naweek weg saam met vriendinne.
9. Spandeer tyd aan 'n "hobby".
10. Neem 'n bad met kerse en musiek.
11. Gaan na 'n "opdress
party/byeenkoms toe.
12. Skakel "gadgets" vir 'n uur
uit.
13. Gaan saam met 'n vriendin na 'n fliek.
14. Neem deel aan 'n 'parkrun".
15. Vang op met jou vriendin/ne.
16. Gaan na 'n konferensie buite die stad.
17. Kry 'n manikuur of pedikuur ... of albei!
18. Besoek 'n sushi bar (as jy daarvan hou).
19. Sluit persoonlik of aanlyn by 'n
boekklub aan.
20. Gaan ry en ontdek nuwe dele van jou
stad.
As jy gereeld tyd maak vir jouself , sal jou
hart en gees verfris word en jy weer vol lewe voel, sodat jy meer het om te gee
aan diegene wat jy liefhet.
Comments