Hier is HOOP te midde van die Coronavirus
As jy die spanning van die Coronavirus
ervaar, lig dan jou hand wat onlangs gesanatize is!
Feeste word gekanselleer. Skole sluit.
Selfs kerke sê mense moet tuisbly. Ja, daar is werklike kommer, maar mammas,
ons moet diep asem haal en ons vrede en kalmte behou. Ons kinders kyk.
"Crazy thought"; kan ons hierdie
tyd gebruik om nader aan mekaar te groei as 'n gesin ? Ons is altyd besig met
skool werk sport. Miskien kan die volgende paar weke, wanneer ons gedwing word
om saam te wees, 'n kans wees om weer te "reconnect". Onthou om van
hierdie geleentheid gebruik te maak om saam met u kinders te bid en hulle
daaraan te herinner dat God in beheer en lief is vir ons almal. Ek hier by
mamma zerle blog bid vir almal. En ek hoop almal wat siek is word gou gesond.
Comments