Herfs .......
Herfs is een van die seisoene wat eintlik vir my die mooiste is .
Die blare verander van groen na die mooiste bruine en rooi en die wind waai ....
Baie mense dink dit is die lelikste of ergste seisoen maar eintlik is die seisoen maar baie soos wat die lewe is ....
Die lewe waai partykeer mens se wind uit en dan vind jy jouself weer en ander mense verander soos verkleurmannetjies soos die blare kleur verander ....hulle word stiller of hulle verdwyn net soos die blare verdwyn en val op die grond om nog nuwe kunsmis te maak op die grond vir die nuwe plante en boompies om te groei.
Voeltjies vlieg partykeer weg en kom altyd terug na herfs... in ons yard bly die voeljies heel jaar ons gee vir hul kossies en water sodat hul nie nodig het om te gaan soek vir dit nie , maar ook so gebeur dit met mense ook gaan soek nuwer dinge daar buite as hul nie genoeg "kossies en water" kry nie .
So as jy jouself in jou "Herfs" vind kyk rond en maak seker jy kry genoeg van die kossies bymekaar en moenie net verdwyn of verkleur nie bly die mooi mens wat jy is omrede daar net een soos jy is en jy is uniek en spesiaal net soos God jou gemaak het
Geinspireer deur Alta - 29/03/2022
Comments