april ....12 April

 Hi Julle 

So vandag het ek myself belowe ek sal blog oor wat weet ek nie want my mind is all over the place as julle weet wat ek bedoel .....

Lewe is hard genoeg en dan kry jy mense wat jou lewe nog harder wil maak ek gesels vandag met een van my vriendinne wat in die kaap bly en sy voel nes ek so overwhelemd is dit even 'n woord julle ?

Ek en my man wil graag kyk en sien of ons iets kan doen vir ons en ons kinders se toekoms en dan dink ander mense net aan hulle self, want hulle dink alles gaan oor hulle en hulle lewe op die oomblik dink ek wat ek beter kan offer vir my kinders en wat kan ek doen om hulle 'n beter lewe kan gee en beter toekoms.

Partykeer wonder ek of mense even notice dat ek stil geword het of glad nie meer eers praat nie ?

Ek wonder soms dink mense of worry mense even oor my ?

ek weet nie my mind is maar all over the show vandag het maar net gewonder ..... die voel meer soos dag boek inskrywing ag maar wat dit is my blog kan maar seker bietjie my marbles verloor partykeer . Voel net bietjie hoe sou my Ma se OOlik nie oulik nie as mens af voel het my Ma dit altyd gese , mis my ma vreeslik wonder wat sou my Ma vandag vir my gese het ,.... Kom nou my kind staan op en moenie dat mense oor jou loop en soos niks werd laat voel nie jy was my miracle baby kom nou kom nou ... wees sterk kyk hoe sterk is ekke .... dit is wat my ma sou se want sy was die sterkste vrou wat ek ken was deur baie wat my susters en boetie nie een van weet nie.  Hulle het partykeer net die slegte dinge gesien waar ek baie ander dinge gesien het .... 

As hulle maar net geweet het wat ek al die jare moes in my hart hou oor alles dan sou hulle dalk verstaan het ... maar ek het my MA belowe ek sal nooit weer daaroor praat nie en ek het nie en sal ook nooit sal saam met my graf toe vat .

Dankie Ma vir wie Ma my gemaak het en ek weet met Die Here se genade kan ek alles oorkom nes Ma het..


Liefde ekke 

 


   

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan my dogtertjie : Jody

Kaart

Shredders....