Mamma kom le by bietjie by my - is dit so verkeerd as jou kind jou vrae ?

En baie aande is dit hoe dit gaan .  Ons kom by die huis en dan word daar kos gemaak as Ouma nie klaar gemaak het nie , en dan pak ons die "dishwasher" uit en begin bad water en dan eet ons en dan is dit "chill tyd ".
Kinders speel bietjie in die kamer of op die foon of kyk bietjie tv en as ek se julle kom dit is amper bed tyd bring Sebastian vinnig die foon of hy se mamma wil net die laaste video dan se ek toe kry klaar dat ons kan storie lees.
Dan is dit eerste storie lees vir Sebastian en hy is baie lief vir sy Bybel stories so elke aand verskillende een , maar ek moet elke aand 2 stories lees een is altyd nuut maar die ander een is elke aand dieselfde storie want hy se hy sien hom in die Bybel storie - Die storm word stil hy se altyd ek moet stil en rustig word ne Mamma?
En hy word nou so oulik hy ken al amper elke woord van die boekie en nou wil hy dit vir my lees hy ken al baie van die woorde sjoe so oulik, dan is dit Jody se beurt en voordat ek Sebastian se kamer verlaat dan se hy Mamma as jy klaar vir sussie storie gelees het moet jy bietjie by my kom le, dan se ek altyd ja omrede hulle so vinnig groei en eendag sal, hy nie vir daai tyd saam met my vrae nie.
Jody se storie tyd is biejtie verskillend sy wil Engelse Bybel storie hoor dan lees ek vir haar al is sy 13 jaar oud gee ek nie om nie sy is mos my eerste baba al dink sy nie so nie sy word mos ook nou groot en is mos prefek in skool maar sy bly haar oulike self soos altyd , nadat ek storie vir haar gelees het dan gee ons soentjies en drukkies en liefies en daar is nie een aand wat ons dit nie doen nie al voel ek hoe moeg doen ek dit want jy weet nooit wat deur die aand kan gebeur nie en of jy ooit weer so kans sal kry nie .
Dan so drae ek klaar is met sussie se storie gaan ek terug na boetie se kamer en gaan le by hom hy draai dan om en se ek het geweet mamma kom terug dan wil hy my eers vertel wat hy vergeet het om my te vertel toe ons by die huis gekom het of hoeveel driee hy nog gaan druk met die rugby ....
Mens kan nooit daai tyd terug kry saam met jou kind nie .
Dan le ek bietjie by hom hy raak rustig in my arms aan die slaap en dan sit ek sy apie beer langs home en gaan voorhuis toe .. dan kyk en en manlief 'n "series" en dan bed tyd dan het ons darem ook tyd saam gespend .
Maar diep in die nag dan roep bassie my en se mamma kom le by my en my vraag aan julle was is dit verkeerd om by hulle te gaan le ?  ek se nee dit is nie ek is dalk nie 'n "professional " nie maar ek is 'n ma en ek weet dat dit is hard om op te staan ons is almal moeg , maar ek gaan le by hom en hy hou my vas en se mamma ek is so lief vir jou moet my nooit los nie nie ai man dan "all resistence crumbles" soos hulle se . En as ek nie elke aand gaan nie dan sou ek nou die spesiale tyd gemis het saam met hom.
Daar is aande wat hy my nie roep nie dan dink ek het ek iets verkeerd gedoen en partykeer hoor ek verkeerd dat hy net se hy kry koud dan gaan le ek nog steeds , want weet wat hulle is een keer klein en die tyd gaan so gou verby en ons vat sulke oomblikke vir "granted' en ons moenie wat alles kan verander in 'n oog wink .
So gaan le by hulle as hulle vrae gee vir hul klomp drukkies , die "dishes " kan wag die wasgoed kan wag maar hulle kan nie al daai goed gaan more nog steeds daar wees , maar elke oomblik wat ons het saam met ons geliefdes is "precious" en moet waardeer word.
Laat die laaste gedagte vir jou kinders se dag 'n goeie een wees vol liefde .
Ek hoop julle het die een aand van my lewe geniet want ek geniet Ma wees vreeslik en ek sal dit vir niks op gee nie dit is die mees waardevolste ding in die hele wereld om lief te kan wees vir iemand wat die Here jou geleen het en toe vertrou het om na om te sien.

Laters Julle tot my volgende Blog


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan my dogtertjie : Jody

Kaart

Shredders....