21 positiewe "declarations" om die gevoel van oorweldiging te veg !
Wat sê jou innerlike "jy" vir
jou? Dikwels is ons nie eens bewus van al die negatiewe gedagtes wat ons dink
nie. As 'n "recorder" al ons gedagtes vasgevang en "getape"
het, sal ons verstaan waarom ons so gereeld oorweldig voel. Ons oortuigings
oor onsself en ons omstandighede is in hierdie gedagtes opgevang. Maar ons
oortuigings oor onsself en ons omstandighede is nie altyd waar nie. Dit kan ons
innerlike "jy" soos "n berg op ons skouers laat voel en ons
energie is dan kapoet.
' Paar Maande gelede het ek die waarde daarvan geleer om my innerlike "ek" te "override" deur kragtige woorde aktief hardop te se.
Soms het hierdie stellings glad nie waar gevoel nie, totdat ek hulle weke lank weer en weer herhaal het. As ek oorweldig of emosioneel voel, trek ek my betroubare kragtige woorde uit. En nog voordat ek die lys voltooi, word ek meer bemoedig. Ek wil die Kragtige woorde/stellings met julle deel. Sê dit hardop, want dit is kragtiger om dit te hoor as om aan hulle te dink.
1. God is in staat om my te seën, sodat ek ten alle tye, in alles wat ek nodig het, oorvloedig geseen sal word.
2. Ek is nie alleen nie. God is met my.
3. My gesin is my " happy place".
4. Ek kan nee sê.
5. Ek is 'n goeie Ma (se dit oor en oor)
6. God sal my die genade gee wat ek vandag nodig het.
7. Wat ek het om te gee is genoeg.
8. Ek is vriendelike en "awesome" ,mens.
9. My omstandighede definieer my nie.
10. Ek is 'n "blessing" vir my man.
11. Ek is 'n "blessing" vir my kinders.
12. Alle dinge werk ten goede vir die wat God liefhet.
13. Ek is dankbaar vir die geskenke en mense in my lewe
14. Ander se geluk is nie my verantwoordelikheid nie.
15. God se tyd is nie ons tyd nie - wees geduldig.
16. Die Heilige Gees is 'n fontein van vrede in my binneste.
17. Ek is "beautiful" en ek is worth it!.
18. Ek kan nie vandag se probleme oplos nie.
19. Perfeksie is nie nodig nie - niemand is perfek nie.
20. Ek is in God se veilige hande.
21. Ek is "Loved beyond and more".
My gesin is 'n bron van vreugde vir my.
Comments