Kruis Kinders - Alta Thaysen


Beste Speelgroep en Naskool Sentrum ooit .

Kom ek gee julle bietjie agtergrond 
Ek het Alta ontmoet deur my vriendin Danielle in 2014 en ek het nog nooit terug gekyk nie.  Alta is 'n dagmoeder en naskool eienaar van Kruis Kinders in Marlands
Alta is nie net enige dagmoeder nie, sy is baie spesiaal vir elkeen wat haar en haar gesin ontmoet.
Sy gaan "above and beyond " vir die kinders.
Alta reel altyd uitstappies, kampe, foto sessies, kerspartytjies en verjaardag partytjies om elke kind spesiaal te laat voel .
Elke kind is spesiaal vir haar in sy/haar eie manier en al die kinders weet dit ook .
Alta kyk agter die babas as of hul haar eie is, en die groot kinders word geleer om hul huiswerk tot die beste van hul vermoe te doen sy leer die groot kinders om goed te doen wat ons as ouers partykeer vergeet en dit maak haar extra spesiaal sy gaan haal ook kinders by die skool en maak seker dat hul veilig is.
Alta doen goed vir die outehuise, waar al die kinders deel was om vir al die oumas en oupas geskenke te maak en sy doen dit omdat sy wil en lief is vir haar medemens. As kinders siek is dan maak sy pakkies op om hul beter te laat voel. Sy reel uitstappies vir die ma's en dogters elke jaar.
Dan sal ek  - 'n mamma in die middag daar instap met 'n harde dag agter die rug dan praat Alta jou moed in soos niemand kan nie. Sy sal jou selfs 'n whatsapp stuur net om te vrae hoe dit later gaan.
Haar Familie maak dat jy voel as of jy deel is van die Thaysen Clan. Sy het ons geleer om "memories" te maak. 
Alta reel selfs vir die mammas naweke weg sodat ons ook 'n breek het van die kids af. Waar het jy al gesien 'n dagmoeder doen so iets??? Nerens behalwe by Kruiskinders naskool. Alta is nie net my kinders se dagmoeder/ naskool tannie nie. Sy is my vriendin, my confidant, my moed in prater wanneer ek opgegee het; al het sy al haar eie probleme..... Ons hele gesin is lief vir haar.


Hier is 'n brief wat ek aan Alta geskryf het in 2017 en ek voel nog steeds dieselfde :

Liewe Alta
Hoe se mens dankie vir die vrou wat altyd daar is wanneer jy haar nodig het maak nie saak watter tyd dit is nie , hoe se mens dankie vir die vrou wat jou kinders help groot maak en wat daar is om mamma te wees as jy nie kan nie.
Ek wil vir jou se jy is Super awesome en ons love jou too the moon and back .
Jy is my kinders se ander Ma , jy is my vriendin , jy is my sonskyn as ek net donderwolke sien.
Ek kyk op na jou want jy doen 'n awesome job met alles en almal.
Jy het so 'n verskil gemaak nie net in my kinders se lewe nie maar ook in myne , jy het my geleer om myself ook te bederf al dink ek nie ek verdien dit nie en jy het my geleer niemand kan oor my loop nie ek het net soveel reg soos die volgende mens  en dat ek "worth it" is.
Jy het my geleer om God te vind en dit was onvergeetlik .
Dankie dat jy, jy is en moet nooit verander nie .
Daar is die se ding wat mense kom in jou lewe vir 'n rede , wel God het jou in my lewe gesit om my 'n beter mens en beter mamma te kon maak , want ek leer elke dag by jou en ek is so dankbaar daarvoor en ek hoop en weet hoe special jy vir my en my gesin is .

Met baie liefde
Jeannette Zerle 11/04/2017

So as julle soek vir naskool sentrum of speel groep vir julle kinders moenie verder soek nie dan het jy die perfekte plek gekry Alta Thaysen se Kruis Kinders !




  

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan my dogtertjie : Jody

Kaart

Shredders....