Dinsdag 25 Feb 2020

So vandag is dinsdag en ek voel al 'n hele paar weke nie soos myself nie ..... party se dit is dalk menopause party se dis dalk die weer , maar ek weet eintlik glad nie wat met my aangaan nie of so het ek gedink.

Hulle se alles gebeur vir 'n rede .... God is altyd in beheer en dit weet ek dit is so waar niemand moet dit ooit vergeet nie .

So kom ek vertel julle 'n storie vir die wat wil weet wat die laaste paar weke met my aangaan.

2020 is nuwe jaar en baie nuwe dinge wat in ons gesin se lewens gebeur ......

Dolf het op nuwe CNC masjien begin werk en die werk stuur hom op en af so hy voel ook of hy in die lug hang en ek voel dit aan .

Ouma wel ouma is vreeslik alleen en ek try maar vir haar maatjies soek op al die chats wat ek kan kry wil so graag haar happy sien .

Jody is in graad 7 en prefek , Sebastian het graad R toe gegaan en met al die kom meer dinge en doene ......
Jody wil die perfekte prefek wees so sy maak al klaar planne of sal ek se sy het klaar plan gemaak om kinders te kry om na haar te luister en soet te wees. Sy het elke kind belowe as hulle soet is kry elkeen suig stokkie so dit is waarvoor sy nou gister geld nodig gehad het .  Sebastian my ou seuntjie hy word nou te groot hy slaap darem nou is sy eie bed en roep amper elke aand " Mamma kom le by my " is wat ek hoor maar eintlik se hy " mamma maak my toe ek kry koud " so wat ek hoor doen ek dan le ek by hom raak aan die slaap en Dolf maak my die volgende oggend in sy bed wakker en dan se Sebastian " Pappa ek weet nie wat soek jou vrou in my bed nie sy het mos haar eie bed. So soos julle agter kom kry ek nie baie slaap nie ....
Ek try my beste Ouma help ook baie met die kos maak ens , Alta ons dagmoeder sjoe as dit nie vir haar was nie dink ek ek sou mal raak , maar ek voel ek is sterk op pad soontoe .
Ek try extra geld verdien want ons almal weet jou salaris kan partykeer nie alles dek nie so ek verkoop Annique en ek try my bes of ek so goed doen weet ek nie , maar tyd sal leer .

|Jody het ook deur gegaan met diskus in die atletiek en tot by die D17 gekom , maar uit geval ek het vir haar gese moenie worry nie solank jy jou beste gee is dit goed genoeg , maar sy het nogsteeds gehuil .
Sebastian wou 2 extra aktiwiteite doen so hy het gekies Rugby en Witjassies , jul gaan nou seker vrae sjoe takkel hulle mekaar nie in Rugby nie ... ek was so bly toe ons na die inligting aand toe gaan en hulle se nee wat hulle het 'n velkro belt om hulle en twee "taggies" wat die kids moet aftrek so geen getakkelry nie (dankie tog want my senuwees is al klaar) die witjassie is te oulik dit is wetenskap en aardryksunde ens alles in een hy like dit want hy kan goed maak en hulle maak "poef" geluid .

Ek wil so graag tyd saam met al my vriendinne spandeer maar voel of ek nie eens tyd kry vir myself nie tussen die naweke deur was ek was goed en try om al die "clutter" uit die huis te kry want daar is verf wat ouma oor het wat ek ons voorhuis wil uitverf maar wanneer ek die tyd gaan kry weet ek nie. Ek wil regtig net leer om meer te relax maar ek kan nie ek wil alles klaar kry het julle al so gevoel?

Wat doen mens as jy so "overwhelmed" voel ...?

So nou weet ek hoekom ek voel soos ek voel alles word te veel en so vroeg in die jaar so dit is wat ek van nou af gaan doen 1 uur elke dag net vir my self maak en net chill of koffie drink sodat ek myself aandag gee al dink ek partykeer dit klink stupid , ek gaan begin mooi vroulik aantrek en makeup op sit nie (net op vrydae nie) al voel ek dit is nie nodig nie ek is mos mooi van binne lol ... so ja dit is hoekom ek so af en moody en alles was en seker nogsteeds is maar ek try julle ek belowe ek try want almal anders kry my aandag behalwe ek.
Ek gaan begin lyste maak wat gedoen moet word by die huis by die werk in ons sosial lewe .....dis waar ek gaan begin ........

So as julle ander raad vir my het asb gee dit vir my .....

Laters julle


 


Comments

Popular posts from this blog

Brief aan my dogtertjie : Jody

Kaart

Shredders....