Donderdag ... wat 'n dag
Gedink dit is maar net nog 'n donderdag tot so 1028 .... my swaer Richard stuur vir my whatsup ek moet hom asb help met huis soek vir sy boston terrier Frank ai my hart is so seer oor die hond Richard het altyd ou Frankie vir ons gebring sodat hy bietjie met ons honde kan speel en ons kat Turbo en Frankie het so lekker saam gespeel goeie maatjies gewees ... lang storie kort ons her RAW gekontak en hulle het dadelik ingespring om te help soek vir huis vir Frank - wil net dankie se vir RAW vir al hulle hulp ons harte is seer maar ons weet Frankie gaan na goeie huis toe .
Toe na die hartseer en drama toe surprise my vriendin Jaunie my met 'n treatment vir my hare ek voel sommer soos nuwe sixpens , o ja Juanie maak ook lekker kaaskoek dit smelt sommer in jou mond so ons het een bestel vir more en ek dink nie dit gaan tot saterdag hou nie maar ja ... Kaaskoek is my favorite ever koek in die hele wereld ek en Oupa Udo het die selfde smaak gehad ons het elke vrydag kaaskoek gekry van polony king in wadeville nou dat Oupa Udo nie meer met ons is nie kry ons nie sommer kaaskoek nie , mis my skoonpa my kids mis hom net so dan nie eens gepraat van Dolf nie. Ai man lewe gooi jou partykeer curve balls maar nou ja ons moet dit vat soos dit kom en voorentoe beweeg.
Hier is fotos van Richard en Frankie en my spoil treatment van Jaunie af dankie vriendin waardeer!
Comments