Ma en dogterdag 2022
Vandag was baie spesiaal vir my . Ek en Jody het vir Sebastian gaan aflaai by sy pa by die viswaters en ons het ma en dogter dag gehad by sy skool.
Die motiveering spreker was Germandt Geldenhuys beter bekend as " Louis Koster " van die reeks Binnelanders .
Hy het ons vandag toe gespreek met die volgende boodskap ......obviously in my eie woorde
Die tema was "Onboard" - so skepe kom na die gedagtes. Ons lewe is soos 'n skip die bodim van die skip moet nie gaatjies he nie anders sal dit sink , net so moet ons lewe moet ons oorals kyk waar die "gaatjies" is en dit reg maak voor ons sink . Mense = gaatjies as hulle nie goed is vir jou lewe nie dan maak hulle gaatjies en dan sink jou bootjie , so raak onslae van die " gaatjies"
'n Boot kan nie eintlike " reverse" nie so hoekom kyk ons heeltyd agter toe ons moet voorentoe kyk en ons syle inspan om die wind te vang om vooretoe te beweeg , partykeer is daar nie wind nie en ons gooi die anker uit om bietjie stil te staan en bietjie te rus , maar ons moet nooit tou op gee nie , ons moet aanhou probeer.
In die oggend as jy voor die spieel staan moet jy nie na jouself in 'n negatiewe manier kyk nie jy moet na jouself in 'n positiewe manier kyk .... as jy dalk groot bo bene het moet jy se dit is sodat ek my lyf kan drae en nie se kyk hoe vet is dit nie . AS jy dalk dun hare het moet jy vir jouself se dat as ek meer hare gehad het so my kop te groot gelyk het en dit moet plek he vir die breins .
Ons moet ons kinders nie groot maak om te kyk na die uiterlike nie maar na wat saak maak. Ons kan hul groot maak sonder die fancy goed en hulle sal nog steeds goed uitdraai
Wees net daar vir jou kinders en gee goeie raad en dan sal jy sien alles sal vir die beste uit werk .
Inspired by Jody
Comments