Nuwe vriende

 Goeie more julle en welkom by my blogspot .

Vandag wil ek julle bietjie net vertel wat die laaste paar maande in my lewe gebeur het .

Ek het in September laas jaar my werk gequit en iets nuuts begin wat ek en my man gedink het gaan uitwerk maar ongelukkig het dit nie , ek het begin worry en al wat my man kon se is " Vertrou op die Here, Hy sal vir jou gee wat jy nodig het op die regte tyd " so nou ja toe het ek alles getry en  niks het gewerk nie tot die een aand toe stuur my vriendin Teresa ( wat langs ons gebly het vir goeie paar jaar) vir my message en se een van haar vriendinne gaan op pension en hulle soek iemand daar .....

Ek stuur toe my CV so vinnig soos ek kon en niks verwag nie , het toe boodskap terug gekry en die "vrou" het my gevrae ek moet kom vir interview .... ek het toe desember 2022 gegaan vir interview en die werk gekry , julle ek was so nervous met die interview , maar die vrou Linda het my so gemaklik laat voel, ek het Januarie 2023 daar begin werk en dit voel of ek nuwe krag het vir alles ..... Linda is 'n engel en ook nou een van my beste vriendinne sonder haar sou ek nie tot hier gekom het nie ek is so dankbaar vir alles , Hulle se mos mense kom in jou lewe vir 'n rede en serious julle dit is so waar ek sal altyd dankbaar wees vir harde tye in my lewe want dit leer my om alles te waardeer wat ek het al is dit nie vir ander baie nie .

Linda en ek het 'n baie goeie band gevorm en het nog steeds daai band .... sy het even vir my gese as ons ry in die middag dan moet ek agter haar ry soos wat 'n ma vir haar kind sou se ....Dankie Linda jy is sowaar een van die beste mense wat ek ken en jy het so diep in my hart geklim ek hoop ek het ook special plek in jou hart .

Die nuwe plek is very cool my baas het my al die 2de dag raak gesien en vir my gese as ek vroeg kom dan werk ek van 7-3 en nie van 8 tot 430 nie kan julle dit glo ..... ek kry ook 3 weke verlof wat die beste is van dit ek sal saam met my man af wees oor Desember. Dit was die laaste 13 jaar baie erg want ek kon nooit verlof kry saam my man so ons moes maar mooi dink wanneer ons vakansie gaan hou het , maar van die jaar af gaan ons lekker quality tyd saam he as gesin .


Ek wil net se dankie vir elk van julle wat vir ons gebid het dat ek die werk gekry het , ek is so dankbaar 

En ek weet sommer ek gaan nog baie jare hier wees .


Chat later julle 

Toodles 

Inspired by Linda

Comments

Popular posts from this blog

Brief aan my dogtertjie : Jody

Kaart

Shredders....