Miskraam: ’n pynlike verlies

Die is 'n "subject: wat baie na aan my hart is omrede ek self dit ervaar het en t ander kant sterker uitgekom het .

Elke vrou en wat sy ervaar is uniek, maar daar is tog ooreenkomste tussen verskillende mense se belewenisse. Dit is belangrik dat sy weet sy is nie alleen nie.

Ek skryf my storie hier en hoe ek dit ervaar het dit het baie geneem om dit in woorde te sit ....

Ek kan dit nog onthou soos gister , Dolf het gaan pool speel die aand en ek en Jody het by die huis gebly dit was woensdag aand die 12 Maart 2012 niks snaaks het die dag gebeur nie , my maag het snaaks gevoel maar ek is verwagtend so "obviously" voel jy snaaks ... Die volgende oggend toe ek opstaan en toilet toe gaan het ek gespot ek het vir Dolf gese en hy het gese gaan doc toe en sien wat is fout ons was net die vrydag voor dit by die doc en alles was fine gewees die hart het geklop die baba het gegroei my maag was al heelwat grooter as wat ek met Jody was .

Ek het aangetrek Jody Kleuterskool toe gevat en toe doc toe ... Toe ek daaraan kom toe is die doc se receptionist al klaar daar en sy se toe doc is net besig om kar te parkeer ek kan solank deur gaan na sy kamers toe ... ek het gevoel ek wil toilet toe gaan en toe ek sit ,toe was dit soos'n balon wat bars ..ek het dadelik geweet in my hart iets is groot fout ,die doc het ingekom en my gevrae is ek ok en ek het net gehuil.... hy het gese ek moet op die bed kom le sodat hy kan kyk met sonar en daar was soveel bloed ek het nog nooit so baie bloed gesien in my lewe nie ...die doc het sonar gedoen en baba was weg , die doc het saam met my gehuil en al wat ek kon uit kry is ek sal die bedde goed gaan was by die huis en die doc se vir my Jeannette ons moet jou man bel want jy moet gaan vir D & C die doc het vir Dolf gebel en hy het hospital toe gekom al wat ek kon se is jammer , jammer dat ek nie ons baba kom save nie ek was so hartseer het nog nooit so iets in my lewe beleef nie , dit was die hartseerte wat ek nog ooit in my lewe was.

Ons het by die maternity ward ingekom en hulle het my geprep en ek het ingegaan ..dit was seker 'n uur en alles was gedoen skoon soos hulle se , maar ek het so soos 'n mislukking gevoel so asof ek moes dood gaan ek kon nie die lyfie red nie al wou ek hoe graag my lyf wou nie die lyfie inhou nie .  Die doc het vir my gese dalk is daar fout gewees en dit  is wat gebeur met die lyf natuurlik om die baba te "reject".

Terwyl ek in die maternity ward was het daar 'n vrou ingekom wat vreeslik geskreeu het en die heeltyd vrae ek vir Dolf hy moet vrae is die vrou en baba ok en hy se vir my jy het nou net ons baba verloor en jy worry oor 'n ander vrou se welstand toe se ek vir hom dis al hoe ek sal kan cope met dit.  Hulle wou hom niks se nie omrede hy nie haar man was nie . Ek het hard gebid dat daai ma nie haar baba verloor soos ek nie , en sy het nie .  

Ek het deur moeilike tye gegaan waar ek niemand naby my wou he nie , en Dolf het verstaan , hy het ook die baba verloor nie net ek nie . Ek was baie depro maar met die liefde van my man en my kind en my familie het ek daar deur gekom - wees net daar al is dit net om te luister , en as jy nog nooit deur so iets gegaan het nie moenie probeer verstaan nie want jy kan nie ...staan hulle net by .

Elke dag dink ek aan die baba wat ons verloor het hoe "sy" sou gelyk het en hoe sy sou wees , maar ek weet ek sal haar eendag sien want ek weet sy is veilig by my ouers en my sus se seun saam Liewe Jesus in die hemel , ons het 'n roos boompie in memory vir haar geplant en laat ek julle se daai roos boompie is elke jaar in Maart vol roosies .

Ek weet dit was nie my skuld nie en ek weet ek kon niks doen om dit te verhoed nie maar in my hart sal ek altyd 3 kinders he en die roos boompie sal altyd vir ons special wees nes "sy " was .


Dankie dat ek my storie met jul kon deel 


Geinspireed deur Dolf se niggie Sune - baie liefde ekke 





Comments

Riana Kriek said…
Dis so mooi geskryf... mens voel die pyn waardeer jy en Dolf gegaan het.. Dis n hartseer wat vrouens op verskillende maniere beleef.

Myne het gebeur in die bed toe ek reg op wou sit.. dit het gevoel of n stuk van my dood gegaan het.

Ergste daarna was toe n swanger vriendin kom kuier het in die hospitaal..dit het my toe veral gevang...


Popular posts from this blog

Brief aan my dogtertjie : Jody

Kaart

Shredders....