As ek die vraag hoor hoekom is die liedjie van
Elizma Theron in my gedagtes ....en die woorde :Hoekom dan nou?
Hoekom alweer?
Hoekom maak jy my so seer?
Hoekom is ek die laaste een om te hoor?
Hoe kom ek hieroor?
Hoe kom ek verby?
Hoekom doen jy dit aan my?
Ek dink ons almal het al die vraag gevrae as iets met ons gebeur "Hoekom"?
Partykeer het ek nie raad vir die vraag nie maar , ek kan altyd luister , miskien is daar nie 'n antwoord op al die Hoekoms in die wereld nie .
Ek weet as ons in 'n situasie is wat ons 'n hoekom vraag het dan dink ons altyd hoekom alweer ek , maar ons kyk nooit na die grooter prentjie nie, hoekom nie ek nie ? Partykeer dink ons sjoe die is die laagste laag en die volgende dag voel ons beter en het ons dalk ons eie hoekom beantwoord. Almal is al deur moeilike tye en ek weet geen persoon se moeilik tyding is dieselfde as die vorige een sin nie , maar onthou jy is altyd sterker as wat jy dink en die Here is altyd met jou al dink jy nie so nie ....Wow ek moet regtig my eie raad volg hier ....
My siening is almal moet een of ander tyd seer kry no matter of jy soos val as jy hardloop of in jou hart seerkry nie dit is deel van die lewe en ek het al harde dele van die lewe gesien
Terwyl jy in 'n Hoekom situasie is voel dit dat jy nie daar uit gaan kom nie en ek weet ek was al in so situasie ons almal se situasie is verskillend maar sodra jy moed opgee dit is wanneer jou hoekom nie verander nie maar bly in 'n vraag om te beantwoord - Daar is 'n engelse spreekwoord wat se why me rather try me ...
So as jy vandag vrae hoekom ....gaan kyk in die spieel praat jouself moed in en se ek gaan my hoekom draai nie in 'n vraag nie maar in 'n hoekom ek gaan ...as julle verstaan wat ek bedoel .
Dan los ek die laaste woorde met julle :
Pyn kan ons net vertraag
Lyding is so onregverdig. Dit ontvoer jou aandag en probeer om dit te dwing om na jou pyn te kyk. Maar daar is iets wat lyding nie kan doen nie. Dit kan nie Jesus Christus van jou steel nie.U mag op hierdie oomblik deur 'n verskriklike beproewing gaan, soos egskeiding of werkloosheid of ernstige siekte. Jy verdien dit nie, maar daar is geen uitweg nie. Jy moet voortgaan.
As jy met die hulp van die Heilige Gees kan bestuur om jou uiterlike beloning van die ewige lewe met Jesus te verken, kan jy dit deur hierdie reis maak. Pyn kan 'n onvermydelike ompad wees, maar dit kan jou nie behou om jou finale bestemming te bereik nie.
Soms sal jy van aangesig tot aangesig met jou Verlosser staan. Jy sal kyk na die skoonheid van jou nuwe huis, gevul met nooit eindigende liefde nie. U sal in die hande van die nag na die spyker littekens kyk.
U sal u onwaardigheid ken om daar te wees, en gevul met dankbaarheid en nederigheid, sal u vra, "Hoekom ek?"
Inspired by Riana - dankie vir jou geselsies maak my altyd beter voel
Comments