Tweede huwelike of verhoudings na egskeidings
Ek is nog getroud met my man en in my hart voel ek ons sal nooit skei nie ek het al wel baie mense deur diep waters bygestaan deur egskeidings en uitmekaar gaan na lang tyd en dink die is die beste raad wat ek kon optel deur al die bystaan en wat mense nodig het met 2de huwelike of verhoudings na egskeidings ......
Wanneer jy die eerste keer trou, het jy ’n spesiale gevoel dat jou huwelik vir ewig sal duur. Maar met ’n tweede huwelik het jy moontlik nie hierdie gevoel nie, want jy is altyd daarvan bewus dat jou eerste huwelik tot ’n einde gekom het.
Nietemin het baie egpare
ware en blywende geluk gevind nadat hulle weer getrou het. Hulle het ’n sukses
van hulle huwelik gemaak—en jy kan ook! Hoe? Kyk na drie algemene uitdagings:
UITDAGING 1: DIT IS
VIR JOU MOEILIK OM TE VOORKOM DAT JOU HUWELIK DEUR ’N VROEËRE HUWELIK OORSKADU
WORD.
Aanvaar die feit dat dit onrealisties is om
te verwag dat jy of jou maat ’n eerste huwelik eenvoudig sal vergeet, veral as
een of albei van julle jare lank getroud was. Trouens, party mense erken dat
hulle al per ongeluk hulle vorige huweliksmaat se naam gebruik het toe hulle
hulle maat aangespreek het!
Moenie jou maat uit jaloesie verbied om enigiets oor ’n eerste
huwelik te sê nie. As jou maat die behoefte het om oor die lewe saam met sy of
haar vorige huweliksmaat te praat, moet jy met simpatie en medelye luister
veral as die vorige huwelik as gevolg van dood geeindig het Moet ook nie gou tot die slotsom kom dat jy
met die ander persoon vergelyk word nie. “ Neem dit eerder en beskou as ’n
manier om jou maat beter te leer ken.” Jy sal dalk selfs vind dat sulke
gesprekke jou sal help om ’n hegter band met jou nuwe maat te smee.
Konsentreer op jou huidige maat se unieke
en goeie eienskappe. Jou maat het dalk nie van die eienskappe of vermoëns wat
jou vorige maat gehad het nie. Maar jou huidige maat blink waarskynlik uit op
ander gebiede. Moet dus nie jou maat ‘met die ander persoon vergelyk’ nie, maar
versterk eerder die grondslag van jou huidige huwelik deur na te dink oor wat
jou lief maak vir jou maat en dit te waardeer .Net soos twee vriendskappe nie
dieselfde kan wees nie, kan twee huwelike nie dieselfde wees nie.”
Hoe kan jy ’n balans handhaaf tussen die aangename herinneringe
van jou eerste huwelik en die lewe wat jy saam met jou nuwe maat begin het? “
PROBEER DIE VOLGENDE: Vra jou maat of hy of sy ooit ongemaklik voel
wanneer ’n eerste huwelik die onderwerp van ’n gesprek word. Besluit in watter
situasies dit goed sal wees om nie oor ’n eerste huwelik te praat nie.
UITDAGING 2: DIT IS VIR JOU MOEILIK OM SAAM MET OU VRIENDE TE KUIER WAT
JOU NUWE HUWELIKSMAAT NIE GOED KEN NIE.
Probeer jou in jou
vriende se situasie indink. “Ek dink dit is soms vir ou vriende baie moeilik en
ongemaklik as daar net een persoon oor is van die paartjie saam met wie hulle
altyd gekuier het. Probeer dus om “redelik te wees en alle sagmoedigheid
teenoor alle mense aan die dag te lê Gee jou vriende en familie tyd om aan die
situasie gewoond te raak. Jou huwelik het verander, en daarom sal jou
vriendskappe dalk ook verander.
Neem jou maat se gevoelens in ag wanneer julle tyd saam met ou vriende
deurbring. As jou eerste huwelik byvoorbeeld die onderwerp van ’n gesprek word,
moet jy taktvol wees en goeie oordeel aan die dag lê sodat jou maat nie
uitgesluit voel nie. “
PROBEER DIE
VOLGENDE: Dink by watter gesellighede jy of jou maat moontlik ongemaklik
sal voel. Bespreek voor die tyd wat die beste manier sal wees om te reageer op
vriende se vrae en opmerkings oor ’n eerste huwelik.
UITDAGING 3: DIT IS VIR JOU MOEILIK
OM JOU NUWE MAAT TE VERTROU OMDAT JOU EERSTE MAAT ONTROU OF JOU MISHANDEL HET.
Praat openlik met jou maat oor jou
bekommernisse. “Planne misluk waar daar geen vertroulike gesprekke is nie. “egskeiding
nooit as ’n maklike uitweg sal gebruik wanneer probleme ontstaan nie”,
As jou maat se vorige huweliksmaat ontrou was, moet jy
doelbewuste stappe doen om jou maat se vertroue te wen.
PROBEER
DIE VOLGENDE: Stel perke op private kommunikasie met die teenoorgestelde
geslag, hetsy van aangesig tot aangesig, oor die telefoon of op die
Internet.
Baie tweede huwelike is ’n sukses, en joune kan ook wees. Jy ken
jouself waarskynlik nou beter as toe jy die eerste keer getrou het. “
VRA JOU
AF . . .
·
Wat is van my maat se unieke eienskappe wat ek baie waardeer?
·
Wat kan ek doen sodat ek my huidige maat kan gerusstel en waardigheid
aan hom of haar kan verleen as my eerste huwelik die onderwerp van ’n gesprek
word?
Inspired by Linda vrou wat ek ongelooflik respekteer
Comments