Ons liefdes verhaal

 Ek het vandag Gerhard Steyn se post op fb gelees en toe dink ek laat ek ons storie met julle deel vir die wat dit nie ken nie .

Ons goeie vriend Tienie Kruger het elke dinsdag en donderdag aand gaan pool speel saam met Dolf .

Ek het toe nie vir Dolf  geken nie hom net elke week sien vir Tienie optel by die kompleks waar ons gewoon het. Hy (Dolf) het 'n ou beige 140Y Datsun gery en ek is mal oor ou karre en die een aand het ek deur die venster gekyk en vir my suster gese toe hy buk om iets op te tel ...ek gaan nog met daai gat trou hy het nog steeds die oulikse boudjies ever.

Ek het nie toe geweet nie maar jare later trou ek toe met hom .  Die volgende week se Tienie toe vir my dat hy wil my voorstel aan een van sy vriende en ek het vir hom gese dat ek van die ou hou wat die datsun ry ...so hy het geweet wat hy doen.  Die saterdag toe kom die ou daaraan met die Conquest RSI 1600 en ek se vir Tienie maar die is nie die ou wat ek wou ontmoet nie en hy se moenie worry jy gaan hom like....

Hy (dolf) is toe daar saam met sy suster wat verewig aan hom gehang het en ek se toe vir Tienie hoor hier hy het 'n meisie hy se toe nee dit is sy suster ek se toe sjoe weird family daai....  Die volgende wat ek weet die naweek daarna , hou ons toe braai by die kompleks en as ons gebraai het het almal saam gebraai want almal het mekaar geken , ek het saam meeste van hulle gewerk by Lindsay saker - storie vir ander dag. Toe kom Dolf weer daar aan met die Conquest en in my mind se ek ,ek like die ou met die datsun en soos die aand verloop het ek ook vir hom gese ek like 'n seker liedjie - I need you van -3T (1997) en hy speel dit toe want die Conquest het 'n sound system in en ek se whatever...hy se toe vir Tienie sjoe maar sy is 'n bitchy vroumens ne... soos die aand aangaan het Tienie toe vir hom vertel ek like die ou met die datsun en hy kom toe na my toe en vrae my wil ek saam ry om sy kar te gaan haal ek se toe vir hom maar is die nie jou kar nie en hy se so met 'n stoute smile nee dit is my pa se kar en my pa is op die oomblik in die hospital en ek ry met sy kar rond sodat die battery kan charge ... hier te kort en daar te lank toe ry ek saam net om uit te vind dat hy die ou met die Datsun is want to ons by sy huis kom toe staan die Datsun in die driveway en hy kyk na my en se ek hoor jy like die ou met die datsun en dis ek ...... Ja so die jaar is die bitchy vrou en ou met die datsun nog steeds saam na al die jare en die jaar is dit 25 jaar en ons staan nog steeds sterk .

Dankie my man vir al die jare ons het darem nou al sakke sout geeet maar as sal dit met niemand anders wil doen nie en sal dit oor  en oor weer doen . So daar het julle dit hoe ons ontmoet het ....and the rest is history



Comments

Popular posts from this blog

Brief aan my dogtertjie : Jody

Kaart

Shredders....